Gametofiet

’n Diagram wat die generasiewisseling wys tussen ’n diploïede sporofiet (onder) en ’n haploïede gametofiet (bo).
’n Plant met verskeie gametofiete.

’n Gametofiet is die stadium in die generasiewisseling-lewensiklus van plante en alge wat die gamete vorm. Dit het net een stel chromosome (n) en is dus haploïed. Dit ontwikkel deur mitose uit ’n spoor, wat weer deur meiose ontstaan uit ’n sporofiet (met twee stelle chromosome, dus 2n of diploïed).

Die generasiewisseling sorg dus vir ’n kringloop waar gametofiete en sporofiete om die beurt bestaan.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy